PDA

View Full Version : Koos Van der Merwe


noel
22-06-2009, 07:32
Lank, lank gelede toe die eerste stoomtreine net hul verskyning in Suid-Afrika gemaak het besluit Koos Senior dat dit tyd is vir hom en Klein Koos se eerste treinrit. Kaartjies vir Johannesburg word op Kaapstad se stasie gekoop asook ‘n paar nartjies om die senuwees in toom te hou. Dis net voor die trein die eerste tonnel ingaan dat Koos Senior ‘n hap van sy nartjie vat.
“Klein Koos!” gil Koos senior.
“Ja pappie”
“Het jy al ‘n hap van daai nartjies gevat?”
“Nee pappie”
“Moenie! Toe ek aan myne byt toe word ek blind.”